Na die Tsunami*

Kunswerk "Na die Tsunami"

“Na die Tsunami” Digitale foto’s elektronies verwerk en beskikbaar in drukoplaag van twee van argiefgehalte – 16 cm x 16 cm op A3 – Kunstenaar Henk Seymore

 

Na die Tsunami*  

lê die wêreld agterstevoor – en ook onderstebo:

die grootste vis is uit  sy see verdrewe.

Hy sweef nou deur ‘n skynhemel – verhewe in ‘n vals lewe.

Die storm se woeste winde vol in vlug

bring toe ‘n  doodse kalmte verpak in warm lug,

asook ‘n bank van grootskaalse stank vir dank

wat die vis stadig by sy kop begin ontbind

om uiteindelik die vrot  tot in sy stert te vind.

 

* uitspraak: Zoenami

-

Toe uitermatige stormweer onlangs in die politieke en media-wêreld om my en en al my onmiddelike medemense woed en onverwagte hitte kom kort nadat ek rou vis  gekoop het om tuis gaar te maak is ek met dankbaarheid gevul dat ek nie ook snoekkoppe vir vissop gekoop het nie. Dit het my laat dink aan die viskop op ys wat ek hoeka gefotografeer het en dat die tyd gekom het om daarmee te werk.  Die resultaat is bostaande.

In die land van die nie-gesiende: / In the land of the un seen:

Kunswerk: "In die land van die nie-gesiende"

“In die land van die nie-gesiende:” Digitale foto’s elektronies verwerk en beskikbaar in drukoplaag van twee van argiefgehalte – 16 cm x 16 cm op A3 – Kunstenaar Henk Seymore

 

In die land van die nie-gesiende:

maak die oorgrote meerderheid een oog toe

in die land van die nie-gesiende

word voorlopers se sondes nie verhaal

in die land van die nie-gesiende

is skedel se been-oog koning

in die land van die nie-gesiende

vlieg voëls sonder vlerke en sonder vere

in die land van die nie-gesiende

lieg leirieme se vals beloftes hoevele kere

in die land van die nie-gesiende

menere, loop gans te veel kinders sonder kos en klere

in die land van die nie-gesiende

pronk ‘n  keiser sonder kop of voete

en almal betaal oral oor ‘n te groot boete

in die land van die nie-gesiende

sien die een helfte net sleg

en die ander helfte is geblinddoek tydens ‘n sterk beleg

in die land van die nie-gesiende

spartel ‘n  keiser, lank reeds sonder kop of voete

in die land van die nie-gesiende

skoffel die oorgrote meerderheid langs elke hoof-roete

-

Die welbekende gesegde het dit dat in die land van die blindes is die een oog koning.  Die leser begryp tog sekerlik na watter land bostaande verwys.

 

 

In the land of the un seen:

the majority turns a blind eye

in the land of the un seen

sins of leaders are not noted

in the land of the un seen

a scull’s cavity eye is king

in the land of the un seen

bats fly without batting any eyelid

in the land of the un seen

numbers untold of lies through promisses of false leading-reins unfold

in the land of the un seen

far too many kids go un fed, un clothed

in the land of the un seen

prances an emperor without head or feet

but every one, every where pays their fine

in the land of the un seen

the one half is half blind

the other half is  blindfolded in a state of strong  siege

in the land of the un seen

struggles an emperor, without head or feet

in the land of the un seen

the greater majority weeds the sidewalks of every main route

-

As the well-known  saying goes “in the land of the blind the one-eyed man is king”. Surely the reader realises to which land the above refers to.

Verbode klei-gode; onheilsbode / So forbidden, so doom driven

Kunswerk "Verbode klei-gode; onheilsbode"

“Verbode klei-gode; onheilsbode” Digitale foto’s elektronies verwerk en beskikbaar in drukoplaag van twee van argiefgehalte – 16 cm x 16 cm op A3 – Kunstenaar Henk Seymore

 

Verbode klei-gode; onheilsbode 

Sien jy slegs wat dit ook al is wat jy wil sien

en maak so van ‘n klont klei ‘n drekgod wat almal moet dien?

-

Mense sê grootouers het dikwels groter invloed op hul kleinkinders as die se ouers. Toe ek twaalf jaar oud was word my ouma aan moederskant vir die tweede keer weduwee. Daarna kuier sy  etlike maande by ons aan huis . Sy het dikwels gesê “Ondersoek alle dinge. Behou ten goede.”

Google en die internet, maak dit moontlik is om slegs dit wat mens wil, te sien en te lees. Dit, asook beeldpoetsers (kopdraaiers) wat TV (en veral koerante) gebruik om nuus so te draai dat dit vanuit ‘n sekere standpunt gesien word, is sommige van die aspekte wat daartoe lei dat nie-kritiese mense dweep met mense of dinge wat dit nie geregverdig of dit nie verdien nie. Dikwels verafgod hulle sake.

Tydens die maande wat die maak van hierdie werk voorafgegaan het, was ek amper daagliks bewus van manipulasie van inligting deur politici vir verspreiding in massa-media, en teenstand daarteen deur enkele oordeelkundige en kritiese mense vanuit die publiek.

 

to write Joernaal-Talent-Taal also in English lead to the text below.

 

So forbidden, so doom driven

Do you only see whatever it is you want to see 

and so turn a clod of clay into a false god for all to obey?

 

Grandparents it is said, often influence their grandchildren more than parents. When I was twelve years old my maternal grandmother was widowed for the second time. Afterwards she spent some months in our home. She often said, and instilled the following in me and my younger brother:

“Investigate all things, retain for the good.”

Google and the net, whereby it is possible to only see and read whatever one wants to see and read, as well as spin-doctors using TV (and newspapers) to slant news so that one see things from a certain point of view, are some of the things that make non-critical and unthinking people prone to raving and doting about people or things that do not warrant or deserve it. Often they idolise such matters.   

In the months leading up to me making this work, I was on almost a daily basis aware of manipulation of information by politicians for the mass media, and counteraction by a few discerning and critical people from within the general population.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.